Spoggerige Skaap stertjies MET BIER
1 x 340 ml blik bier
40 ml Orignal Spoggerige braai spice
60 ml bruinsuiker
2 knoffelhuisies – fyngekap
1.5kg skaap stertjies
100 ml tamatiesous
METODE:
Verhit oond tot 180 ° C.
Meng bier,tamatiessous, suiker en knoffel saam in ‘n mengbak.
Plaas skaap stertjies in ‘n oond bak met deksel en gooi marinade oor.
Bak skaap stertjies vir ½ uur in oond
Haal skaap sterjies uit marinade en plaas op afkoelrak.
Geur met Spoggerige braai Spice (of sout en peper)
Rooster vir 20 minute.
Terwyl die skaap sterjies rooster, kan jy die marinade in ‘n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook.
Ná die 20 minute haal jy die skaap sterjies uit die oond.
Verf met gekookte marinade.
Draai om en rooster vir nog so 10 minute aan buide kante
Sit voor met kapokaartappels
WENK: Die skaap stertjies kan ook stadig oor die kole gebraai word.