Spoggerige Skaap stertjies en Bier

Spoggerige Skaap stertjies MET BIER

1 x 340 ml blik bier

40 ml Orignal Spoggerige braai spice

60 ml bruinsuiker

2 knoffelhuisies – fyngekap

1.5kg skaap stertjies

100 ml tamatiesous

METODE:

Verhit oond tot 180 ° C.

Meng bier,tamatiessous,  suiker en knoffel saam in ‘n mengbak.

Plaas skaap stertjies in ‘n oond bak met deksel en gooi marinade oor.

Bak skaap stertjies vir ½ uur in oond

Haal skaap sterjies  uit marinade en plaas op afkoelrak.

Geur met Spoggerige braai Spice (of sout en peper)

Rooster vir 20 minute.

Terwyl die  skaap sterjies rooster, kan jy die marinade in ‘n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook.

Ná die 20 minute haal jy die skaap sterjies  uit die oond.

Verf met gekookte marinade.

Draai om en rooster vir nog so 10 minute aan buide kante

Sit voor met kapokaartappels

WENK: Die skaap stertjies kan ook stadig oor die kole gebraai word.